Begroting: Besnoeiings kan groei belemmer

Die GOOD-party in die buurland waarsku teen besnoeiingsmaatreëls wat armoede kan vererger en ekonomiese groei belemmer, in afwagting van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se mediumtermynbegrotingsverklaring. Hulle voer aan die huidige skuldverhouding is hanteerbaar terwyl die verstandige besteding van bykomende skuld kan help om ekonomiese stagnasie te oorbrug. Die party is gekant teen die instelling van besuinigingsmaatreëls soos verminderde besteding aan onderwys, gesondheidsorg en maatskaplike sekerheid, wat ongelykheid kan vererger. Woordvoerder Janke Tolmay stel voor om voorkeur te gee aan lenings bo die besnoeiing van maatskaplike en infrastruktuurbesteding: