Aarde kan net 250 miljard ton koolstof inneem

‘n Studie het bevind dat die oorblywende koolstofbegroting vir ‘n 50 persent kans om te verhoed dat sy temperatuur met minder as 1,5 grade Celsius styg, slegs sowat 250 miljard ton is. Die koolstofbegroting is die hoeveelheid koolstofvrystelling wat die aarde kan verdra om te verhoed dat sy temperatuur verder styg as wat die Parys-ooreenkoms toelaat. Koolstofvrystelling wêreldwyd sal na verwagting vanjaar ‘n rekordvlak van nagenoeg 40 miljard ton bereik. Die studie, wat in die vaktydskrif Nature Climate Change verskyn het, sê ‘n skerp styging in die gevolge van klimaatsverandering weens onder meer hittegolwe, oorstromings en misoeste is moontlike redes daarvoor.