Namibië klop Zimbabwe, wen T20 reeks

Namibië het die laaste en beslissende T20-kragmeting teen die Chevrons van Zimbabwe met 8 lopies gewen. Dit beteken Namibië het die toetsnasie, wat geskiedenis gemaak het deur vir die eerste keer op Namibiese bodem te speel, met drie – twee in die Castle Lite reeks verslaan. Die tuisspan het eerste gekolf en 101 lopies aangeteken, waarna hy die Chevrons uitgeboul het vir 93 in 19,2 boulbeurte.