Man vermoor meisie, drink skoonmaakmiddelOctober 30, 2023

Die Namibiese polisie in die Kunene bevestig ‘n moord by Opuwo Sondagnag. Volgens die mag, het die verdagte, ‘n 39-jarige Namibiese man, sy meisie met ‘n okapi-mes doodgesteek. Die verdagte is gearresteer ten spyte daarvan dat hy ‘n diep snywond aan die regterkant van sy nek gehad het. Die mag sê hy het blykbaar ook ‘n skoonmaakmiddel gedrink in wat die mag beskryf as ‘n poging tot selfmoord. Die verdagte het mediese behandeling by die Opuwo staatshospitaal ontvang en hy is na die Oshakati verwysings staatshospitaal oorgeplaas vir verdere mediese aandag. Die motief van die moord is onbekend aangesien die verdagte nie in ‘n stabiele toestand is nie. Die ondersoek duur voort.