Kleiner besighede ‘moet makliker lenings kry’October 30, 2023

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vandag in die hoofstad ‘n voorlegging gedoen oor die finansering van klein- en medium-besighede in Namibië. Hafeni Hamukoto, ‘n navorser by die IPPR, het ‘n sessie aangebied oor wat die regering kan doen om die groei van kleiner besighede te vergemaklik. Hy stel onder andere voor dat die regering en banke dit makliker maak vir hulle om lenings te kry.