Florin probeer vandag weer om parool te bekom

Die saak waarin Thomas Florin, die man wat in 1998 sy vrou Monica, in Swakopmund vermoor, haar liggaam opgesny en gekook het, en sê hy moet in aanmerking kom vir parool, kom vandag voor regter Boas Usiku voor. Florin is in Desember 1999 lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan moord, lykskending en dwarsboming van die gereg. Ter sprake is die wet wat hersien is van die 1959 wetgewing en op 15 Augustus 1999 in werking getree het. Luidens die nuwe wetgewing moet 25 jaar uitgedien word waar die 1959-wetgewing tien jaar toegelaat het voor parool oorweeg is. Dus sê Florin in sy stukke dat omdat hy onderhewig is aan twee verskillende wette, een wat geldig was toe hy Monica vermoor het, en die ander toe hy gevonnis is, moet die datum van die oortreding gebruik word. Hy hou voet by stuk dat hy sy vonnis onder die 1959-wetgewing uitdien. Die staat vra vandag kondonasie vir laat indiening van betoë wat nie deur Florin se regspan teengestaan word nie. Florin sal op 3 Desember vanjaar 24 jaar agter tralies wees.