SAPD vernietig R800m se dwelms

Die nasionale polisiekommissaris in Suid-Afrika, Fannie Masemola, het aan die spits gestaan van die vernietiging van dwelms ter waarde van 800 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Johannesburg. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die Gautengse polisie het tydens die optrede beslag gelê op ‘n wye reeks dwelms, insluitend kokaïen, heroïen, mandrax en dagga. Dit is die derde dwelmvernietigingsoperasie in die 2022/23-boekjaar. Mathe sê daar was in September ‘n operasie in Kaapstad waarin 1,7 ton dwelms ter waarde van 170 miljoen rand vernietig is: