Rugby: Nienaber, Etzebeth, Libbok benoem vir toekennings

Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber, die slot Eben Etzebeth en die losskakel Manie Libbok is onder die uitstaande benoemings vir die 2023 Wêreldrugby-toekenningseremonie wat Sondag in Parys plaasvind – ‘n dag na die Wêreldbeker-eindstryd. Nienaber is benoem as afrigter van die jaar, en Etzebeth in die vyftienman-spel se Speler van die Jaar-afdeling. Hy is ook ingesluit in die 15-man-Droomspan. Libbok is benoem vir 15-man Deurbraak-speler van die jaar.