Oud Air Namibia-werknemer tronk toe in Jo’burg vir dwelms
‘n Voormalige Air Namibia-werknemer, ‘n lid van die kajuit bemanning, Sydney Bilankulu is saam met twee Suid-Afrikaanse inkomstediens-beamptes vandag tot 15 jaar tronkstraf in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg gevonnis. Al drie is skuldig bevind aan die onwettige besit van dwelms, dwelmhandel en dwarsboming van die gereg. Die vonnisse spruit uit ‘n kokaïen vonds in 2016 by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg. ‘n Reisiger vanaf Brasilië, Oscar Osigwe, het 89 sakkies van die dwelm gesluk. Hy is reeds in 2017 tot agt jaar tronkstraf gevonnis na hy staatsgetuie gedraai het. Die 56-jarige Bilankulu het saam met die twee beamptes, Courdel Khoza en Thabo Dikgale gewag om ontvangs van die dwelms te neem. Hulle is in ‘n lokval gevang.