Metcalfe verheug oor aandag op reël 108
Die bekende regsman Richard Metcalfe het gereageer op die fokus wat tans geplaas word op beslagleggings en reël 108-wetgewing in die land. Die minister van justisie Yvonne Dausab het die week aanpassings in die wetgewing ter tafel gelê. Metcalfe self het namens verskeie kliënte aan die kus ook die saak aangespreek met kommunikasie aan die sentrale bank, om die wetgewing aan te pas. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy is bly die kwessie kry aandag.