Klimaatsdoelwitte en Nam se gas en olie…October 24, 2023
Namibië staan op die punt om ‘n groot rolspeler in die olie- en gasbedryf te word gegewe sy bekende gasneerslae en die onlangse ontdekking van olieneerslae. Hierdie ontdekkings kan die land se toekoms verander, maar daar is ook kommer oor die ontwikkeling daarvan in die lig van klimaatsverandering en fossielbrandstowwe wat dit aandryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigter van die Omgewingskamer, dr. Chris Brown, gepraat oor sy siening hiervan.