Hulp na Gaza is te min – VNOctober 24, 2023

Die woordvoerder van die Verenigde Nasies, Stephane Dujarric, sê die organisasie het groot kommer oor die min hoeveelheid hulp wat op die oomblik Gaza binnekom deur die Rafah-grenspos met Egipte. Dujarric sê dit is totaal en al onvoldoende vir die nood.