Shell V-Power tydren brul

Die 2023 Shell V-Power-tydren wat die naweek in Windhoek plaasgevind het was ‘n fees vir motorsport entoesiaste. Die tydren, wat deur Redline Motorklub aangebied is, het 12 moordende trajekte gehad en net een voertuig moes onttrek. Die volgende rally word middel November in Swakopmund aangebied. Meeste van die manne en vroue wat die naweek deelgeneem het, het aangedui dat hulle daar in aksie gaan wees. Francois Lottering deel meer.