Namibië kry erkennning vir persvryheid
Namibië het die vryste pers in Afrika. Die land het spesiale erkenning gekry by die prysuitdeling van die Internasionale Fees vir Vryheid van Uitdrukking en die Pers wat in Burkina Faso se hoofstad, Ouagadougou, aangebied is. Namibië beklee al verskeie jare die eerste plek op die ranglys vir persvryheid in Afrika wat deur die Verslaggewers Sonder Grense-organisasie bygehou word. Die uitvoerende direkteur in die informasie-ministerie, dr. Audrin Mathe, het ‘n sertifikaat en ‘n trofee namens Namibië ontvang by die glansgeleentheid, wat meer as 200 deelnemers uit 40 lande bymekaargebring het.