Kommer oor min speurders neem toe
Die kriminoloog Guy Lamb het kommer uitgespreek oor die kritieke tekort aan speurders in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola het die verlies onthul van 8 400 speurders van 2017 af. Dit laat die diens met net 17 600 speurders, wat ‘n aansienlike afname is van die 26 000 ses jaar gelede. Lamb beklemtoon die tekort ry pogings in die wiele om stygende moordsyfers teen te werk, omdat doeltreffende ondersoeke afhang van ‘n voldoende speurmag. Die polisie maak daarop aanspraak daar word gewerk aan die versterking van speurdienste.