Dodelike storm tref Skotland

Ernstige oorstromings het dele van die ooste van Skotland getref nadat Storm Babet swaar reënval veroorsaak het en gepaard gegaan het met wind van meer as 113 kilometer per uur. Water het deur keerwalle gebreek en duisende huise is ook sonder krag gelaat. Reuters berig Brittanje se nasionale weervoorspeller, die Met Office, het sy eerste rooi vlak waarskuwing uitgereik sedert Februarie 2020, en sê tot 250 millimeter kan op plekke uitsak. ‘n Vrou is dood nadat ‘n rivier haar meegesleur het en ‘n man is dood toe ‘n boom ‘n bakkie getref het. Die swaar reën sal na verwagting voortduur.