Permitte vir eiers, hoender uitgereik vir feestyd-gereedheid in SA

Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, het besluit om te midde van die voëlgriep-uitbreking die invoer van tafel-eiers, bevrugte eiers en hoendervleis toe te laat. Dit is om seker te maak daar is in die feestyd genoeg voorraad beskikbaar. Die uitbreking is ʼn paar maande gelede in die land aangemeld en Gauteng is die swaarste getref. Meer as 7 miljoen hoenders is sedertdien van kant gemaak en dit het tot ʼn tekort aan eiers gelei. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die minister het permitte geteken wat toelaat dat dié produkte ingevoer word: