Namport waarsku oor fop-vakatures
Namport waarsku oor ‘n slenter wat op sosiale media gedeel word in verband met werksgeleenthede wat hy blykbaar aanbied. Hy sê die vals vakatureadvertensies getiteld Namport Recruitment 2023 kom nie van hom af nie en sê lede van die publiek moet nie op die skakels klik nie. Die verspreiding van vals nuus mislei nie net die publiek nie, maar het ook die potensiaal om ongeregverdigde verwarring en teleurstelling veroorsaak. Die maatskappy sê as hy beskikbare poste het sal hy die versprei in formele kommunikasiekanale.