Namcor gee jongste oor Venus-eksplorasie
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië het ‘n opdatering gegee van sy aflandige eksplorasie- en evalueringsprogram, insluitend die suksesvolle boor van die Venus-1A-evalueringsput, ‘n vloeitoets op die Venus-1X-herbetreding in Blok 2913B en sy toekomstige aktiwiteite. Namcor het ‘n 10 persent deelnemende belang in Blok 2913B. Die blok word bedryf deur TotalEnergies wat ‘n 40 persent belang het, en QatarEnergy International en Impact Oil and Gas Namibia met onderskeidelik ‘n 30 persent en 20 persent belang. Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho, deel besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus.