Inflasie sal repokoers, wat volgende week kom, beïnvloedOctober 20, 2023
Die sentrale bank het op sy vergadering van 16 Augustus die sleutel-uitleenkoers onveranderd gelaat op 7,75 persent, wat leenkoste op hul hoogste hou sedert April 2019. Die Bank van Namibië sal sy tweede-laaste aankondiging hieroor op die 25ste Oktober doen. Die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank se Monetêre Beleidskomitee het op 22 September besluit om die terugkoopkoers onveranderd te hou op 8,25 persent. Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence, het sy voorspelling vir volgende week se aankondiging met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.