GOOD sê daar’s geen rede tot kommer oor Gcaleka nie
Die GOOD Party sê hulle het geen rede om te twyfel dat Kholeka Gcaleka die bevoegdheid en ervaring het om die onafhanklikheid van die Openbare Beskermer se kantoor te herbevestig en sy integriteit te herstel nie. Die Nasionale Vergadering het Gcaleka as die nuwe Openbare Beskermer aanbeveel en president Cyril Ramaphosa moet haar nou aanstel. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die OB se kantoor is ʼn skepping van die Grondwet om grondwetlike demokrasie te beskerm: