Doen iets aan dobbel en drank
Dobbel is ‘n vorm van verslawing. Mense met ‘n dobbelprobleem kan soortgelyke chemiese veranderinge in hul brein hê as dié wat gesien word by mense wat aan alkohol of dwelms verslaaf is. Gesinne van dobbelverslaafde mense raak bekommerd oor die hoeveelheid sportweddenskappe en dobbelhuise wat oopmaak. Gewoonlik neem dobbelary toe wanneer mense finansieel sukkel, want hulle hoop hulle kan groot wen. Kosmos 94.1 Nuus het met sielkundige, dr Shaun Whittaker, oor die probleem van dobbel gepraat.
Dr Whittaker sê die dobbel gaan saam met alkoholgebruik, wat die grootste probleem in Namibië is. Hy deel idees oor wat gedoen moet word.