Skole moet fondsinsamelings hou, hoor NVOctober 19, 2023
Faustina Caley, die adjunk minister van onderwys, het vandag in die Nasionale Vergadering skole aangemoedig om fondsinsamelings te reël om die behoefte aan kontant aan te vul waar daar ‘n tekort is. Dit was nadat die PDM se Reggie Diergaardt ‘n vraag aan haar gestel het oor die toelaë wat skole kry, wat vir baie van hulle nie genoeg is om hul onkostes te dek nie.