Parkeerterrein aanranding nou moordsaakOctober 19, 2023
‘n Man wat aangekla word van die aanranding verlede maand op ‘n man in ‘n parkeerterrein in Klerksdorp, Noordwes, is formeel van moord aangekla ná die slagoffer se dood. Wernich Botha is aanvanklik van poging tot moord en aanranding aangekla ná die voorval waarin die 32-jarige Hilton Pretorius ernstig beseer is. Hy is later in die hospitaal dood. Botha het vandag weer in die plaaslike Landdroshof verskyn. Hy staan ook tereg op ‘n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer omdat nog ‘n man, PW Roos, ook tydens die voorval beseer is.