Thieme raap gesogte title op
Die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, is gekies as die Top Internasionale Uitvoerende Voorsitter van die Jaar deur die Internasionale Vereniging van Top Professionele Persone. Die maatskappy sê die erkenning is ‘n bron van groot trots, nie net vir Thieme en die O&L-groep, maar ook vir die hele land. Die Internasionale Vereniging van Top Professionele Persone is toegewy is aan erkenning en verering van top professionele persone regoor die wêreld en die toekenning word gegee aan individue wat uitsonderlike leierskap getoon het. Die maatskappy sê dit dien as ‘n bewys van die vermoëns en potensiaal van Namibië as ‘n globale sake- en beleggingsbestemming.