Midde-Ooste: Dinge onseker, oliemark bly senuagtig
Brent ru-olie verhandel tans net onder 90 Amerikaanse dollar per vat terwyl beleggers die toenemende geweld in Gaza dophou met ‘n moontlikheid dat dit kan versprei. Op ‘n stadium het dit by 91 dollar 33 gedraai maar weer teruggesak. Die onbestendigheid in die prys kom as gevolg van die geweld tussen Israel en Hamas, en vrese dat Iran, een van die wêreld se top olieprodusente en ‘n geswore vyand van Israel, betrokke kan raak. Brent het in die afgelope sewe dae met meer as 8 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor hoe hoog die prys kan gaan.