DA wag vir uitspraak oor kaderontplooiing
ʼn Parlementslid van die DA, Leon Schreiber, bevestig hulle wag in groot afwagting op ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof oor hul versoek om die ANC se rekords oor kader-ontplooiing te besigtig. Dit volg op onlangse uitsprake deur die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, wat beweer die parlement en die DA het geen magtiging om toegang tot geklassifiseerde dokumente te kry nie. Schreiber het aan Newzroom Afrika gesê dit is ‘n kritiese geleentheid vir Suid-Afrika om ‘n einde te maak aan korrupsie met kaderontplooiing: