Cyril sê hy sal vakansiedag verklaar as Bokke die finaal wen

President Cyril Ramaphosa sê hy sal nie nou oproepe vir ‘n openbare vakansiedag oorweeg om die Springbokke se sege teen die gashere, Frankryk, Sondagaand in ‘n spannende kwarteindstryd te vier nie. Die Bokke speel Saterdag teen Engeland in die halfeindronde met die hoop om volgende naweek se titelstryd te haal. Ramaphosa sê hy probeer steeds om sy Franse eweknie, Emmanuel Macron, te bereik om met hom te simpatiseer ná die hartverskeurende eenpunt-verlies teen die verdedigende kampioen: