Namcor ‘het sy finansies gestabiliseer’

Die Nasionale Petroleum Korporasie bly in die nuus. Namcor is meer as 2 miljard Namibiese dollar in die skuld en staar potensiële likwidasie in die gesig, maar word meer as 600 miljoen dollar geskuld wat hy tot nog toe nie kon invorder nie. Volgens plaaslike berigte het die kabinet ‘n voorstel van die hand gewys om Namcor ‘n finansiële lewenslyn te gee. Kosmos 94.1 het gepraat met Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, wat sê berigte dat die kabinet ‘n lewenslyn geweier het is totaal onwaar en die korporasie het reeds sy kontantvloei gestabiliseer.