Martti Ahtisaari sterf op 86
Martti Ahtisaari, die hoof van die VN se Untag-mag wat toesig gehou het oor Namibië se onafhanklikheid, is oorlede. Ahtisaari, die voormalige president van Finland en wenner van die Nobelvredesprys in 2008, is op die ouderdom van 86 oorlede. Hy is in 2021 met Alzheimer se siekte gediagnoseer. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur na Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe hy Ahtisaari onthou.