Lig ons in oor Finansiële Intelligensie Sentrum-registrasie, vra kerke
Alle nie-winsgewende organisasies, insluitend kerke, is veronderstel om by die Finansiële Intelligensie-sentrum te registreer en jaarlikse opgawes in te dien. Die sperdatum was 29 September, maar dit is tot 31 Oktober verleng, en die kerke en organisasies wat reeds geregistreer het, moet nou herregistreer. Die organisasies kla egter dat hulle nie ingelig word nie. Verlede week is die bankrekeninge van verskeie kerke gevries alhoewel hulle herregistreer het en dis eers ontvries nadat die NG Kerk van Namibië ingetree het. Ludwig Beukes, sekretaris-generaal van die Kerkeraad in Namibië, het sy reaksie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.