Kaapse universiteit hou verslag oor sy bestuur geheim

Die Universiteit van Kaapstad sê hy gaan die paneel wat die instelling se bestuur ondersoek het, se verslag vertroulik hou tot die aanbevelings daarin deeglik oorweeg is. Die universiteit het maande lank onbestendigheid in die gesig gestaar ná bewerings van ampsmisdrywe en wanbestuur. Volgens media in die buurland, is die universiteitsraad beskryf as toenemend toksies, met beskuldigings van rassisme en bewerings van toesmeerdery. Die universiteit sê die verslag sal die raad help om die instelling se bestuur te versterk.