Hoekom is aartappels skielik so duur?

Dis dalk tyd om oor te skakel na botterskorsie of patats, nadat aartappelpryse op winkelrakke die afgelope twee weke die hoogte ingeskiet het. Die prys van ‘n sak aartappels van 7 kilogram is nou sowat 178 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gilbert Mulonda, hoofbestuurder van die Namibiese Agronomiese Raad, wat sê dat verskaffers in die Suid-Afrikaanse bedryf se pryse verhoog is deur onder meer beurtkrag en ‘n toename in plaasinsetkoste.