Amushelelo pleit vir finansiële ondersteuning

Die arbeidsaktivis en NEFF-lid, Michael Amushelelo, pleit by alle Namibiërs vir finansiële ondersteuning om sy vrou se pogings om hom uit aanhouding te kry, met ‘n welverdiende vakansie te beloon. Amushelelo, wat al drie dae uit die tronk is, beskryf homself as ‘n finansieël gebroke man. Hy het vroeër aangekondig dat hy die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo, en die minister Albert Kawana, dagvaar vir 10 miljoen Namibiese dollar vir kwaadwillige vervolging, skending van menswaardigheid en onregmatige arrestasie en aanhouding nadat hy Vrydag vrygelaat is en die hof sy saak uitgegooi het.