Alle klagte teen Amukwelele teruggetrek
Die klagte van verkragting en ontvoering is teen die woordvoerder van die Windhoek Stadspolisie, Fabian Amukwelele onvoorwaardelik teruggetrek in die landdroshof in Windhoek. Hy is op 9 April 2020 gearresteer na die klag deur ‘n 29-jarige kollega teen hom gemaak is. Sy was blykbaar swanger maar het die swangerskap beëindig. Sy het aangevoer die verkragting het op 11 Januarie van 2020 by sy huis in Rocky Crest plaasgevind.