Skedulering van dieremedisyne onder die loep in hoofstad

Die Namibiese Medisyne-beheerraad sal saam met verskeie Duitse owerhede en die Wêreldgesondheidsorganisasie môre tot Woensdag in die hoofstad vergader oor die skedulering van dieremedisyne. Veral antimikrobiese middels sal onder die loep kom omdat weerstand besig is om kop uit te steek. Daar is onlangs berig dat landbouers te vinnig middels soos Terramycin toepas. Die vergadering sal bydra tot Namibië se Nasionale Antimikrobiese Weerstand Aksieplan-resolusie. Tans is die meeste dieremedisyne geskeduleer onder Bylae 0 en mag dus enige plek verkoop word. Die versuim om die beskikbaarheid van medisyne, veral in lae en middel-inkomste lande doeltreffend te reguleer, is as ‘n bydraende faktor tot die ontwikkeling van antimikrobiese weerstand genoem.