Namibiese atlete presteer goed in buiteland

In die Debmarine Premierliga het African Stars en Eeshoke Chula Chula gelykop met 1-1 geëindig met Mighty Gunners wat 1-0 teen Orlando Pirates gewen het. Namibië het twee goue medaljes by die 2023 Afrika Driekamp-kampioenskap wat in Hurghada in Egipte gehou is, ingepalm. Maya Brinkmann het goud verower in die junior vroue en para-atleet Jerome Rooi het goud in die Mans PTS3-kategorie ontvang. Die kampioenskap loop vandag ten einde. In Italië het die nege-jarige Cecil Koorts Junior uiters goed gevaar by die ROK-bekertrofee. Hy het in sy laaste uitdun 29ste plek behaal en in die finaal, die 64ste plek in die wêreld behaal. Sy pa, ook Cecil Koorts, het almal bedank vir hulle volgehoue ondersteuning.