Gesondheid hou Zim-cholera fyn dop

Cholera het weer kop uitgesteek in Zimbabwe en die regering het stappe gedoen wat beperkinge insluit op sommige byeenkomste sowel as die voorbereiding van kos by begrafnisse in brandpuntgebiede. Sedert Februarie vanjaar het daar reeds 100 mense gesterf en 4 500 gevalle is behandel. Die jongste uitbreking is vir die eerste keer in vyf voorstede van Harare aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gesels wat sê hulle monitor die situasie, veral omdat heelwat reisigers die land vanaf ander lande binnekom waar oordraagbare siektes ‘n probleem kan wees.