Zim-verkiesing was erg onreëlmatig – SAOG

Zimbabwe se verkiesing het skreiende onreëlmatighede gehad, volgens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se verslag, ’n maand en ’n half ná die verkiesing. Die SAOG se verkiesingswaarnemingsending se bevindings het ‘n herrie in die regering in Harare veroorsaak, en hy beskuldig Zambië daarvan dat hy ‘n agenda vir regimeverandering koester. Voor die vrystelling van die finale verslag het die Zambiese president, Hakainde Hichilema, in sy hoedanigheid as voorsitter van die SAOG-troika oor verdediging en politiek, ‘n vergadering belê waarin die Zimbabwiese verkiesings ter bespreking was.