Staatsondernemings moet eerder geprivatiseer word

AfriForum is gekant teen die Wetsontwerp op Nasionale Staatsondernemings, wat poog om ‘n staatsbeheede konsortium vir die entiteite te skep. Die organisasie sê die wetsontwerp het die potensiaal om aanspreeklikheid in die gedrang te bring, geleenthede vir privatisering mis te loop en ondoeltreffendheid te verhoog weens gesentraliseerde besluitneming. Hulle stel verpligte openbaarmaking van politieke affiliasies voor vir raadslede van staatsbeheerde ondernemings. Charné Mostert van AfriForum sê die huidige konsep-wetsontwerp dien nie die openbare belang voldoende nie. Sy stel voor om ondernemings te privatiseer vir markgedrewe doeltreffendheid en aanspreeklikheid: