Spesiale raad en fonds word gestig vir SA-Namibië besighede
Die Bi-Nasionale Komitee-vergadering se Besigheidsforum met afgevaardigdes van Namibië en Suid-Afrika het volgens die handelsminister Lucia Iipumbu wye samesprekings gehou. Samewerking met die buurland en geleenthede vir plaaslike en Suid-Afrikaanse besighede is ondersoek. Dit is die derde forum van sy aard en volgens Iipumbu het talle aspekte onder die loep gekom tydens die besprekings van die tegniese komitee.
Sy voeg by dat teen Maart volgende jaar, ‘n besigheidsfonds sowel as ‘n Namibië-Suid-Afrika Raad gestig sal word.