So lyk die Wêreldbeker die naweek…
Die Wêreldbekertoernooi het die uitklopfase bereik met die kwarteindstryde wat die naweek gespeel word. Minstens twee uitsoek-kragmetings word verwag – tussen die verdedigende kampioen, Suid-Afrika, en die gasheer, Frankryk, en die driemalige kampioen, die All Blacks, teen die wêreld nommer een, Ierland. Die Springbokke en die Franse sluit vanaf nege-uur môreaand die ronde af. Wallis en Argentinië speel vanmiddag vyf-uur in Marseille, en Ierland en die All Blacks nege-uur in Parys. Môre pak Engeland en Fidji mekaar vyf-uur in Marseille.