Skenk vandag bloed in Windhoek, Oshakati

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied vandag bloedskenkklinieke in Windhoek en Oshakati aan. Die kliniek in Windhoek word vanaf agt-uur tot twee-uur by die diens se hoofkwartier by Talstraat 35, Ausspannplatz gehou. In Oshakati kan daar bloed geskenk word by die diens se sentrum geleë op die gronde van die Oshakati Staatshospitaal vanaf agt-uur tot twee-uur. Die diens doen ‘n beroep op alle kwalifiserende en gesonde skenkers om te kom bloed skenk om te help verseker dat lewens gered word. Kosmos 94.1 Nuus het met Titus Shivute, die diens se woordvoerder, gepraat.