Mkhwebane moet R2,1m se verblyf terugbetaal

Die afgedankte Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, moet dalk minstens 2,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand terugbetaal wat tydens haar termyn aan verblyf betaal is. Die bedrag is deel van ongerymde uitgawes wat uitgewys is in die jaarverslag wat die Parlement tans bekyk. Uitvoerende hoof Thandi Sibanyoni het onthul Mkhwebane het riglyine veronagsaam dat die Openbare Beskermer se kantoor nie haar verblyfkoste kan befonds nie. Die kantoor hersien nou alle ongerymde betalings wat tot Mkhwebane se persoonlike voordeel aangegaan is, insluitend regskoste vir lastersake en koste-bevele van howe.