Met droogte is Boomplantdag allerbelangrik

Die Namibiese omgewingsministerie herdenk vandag Boomplantdag. Die dag word jaarliks, op die tweede Saterdag in Oktober herdenk. Ontwouding en die onwettige kap van bome bly ‘n plaaslike uitdaging en die belangrikheid van bome, veral in ‘n droë ekostelsel, kan nie oorbeklemtoon word nie. Die land het 43 gemeenskapswoude wat 85 192 vierkante kilometer dek. Die dag word by Osona Village herdenk met verskeie bome wat geplant sal word. Die ministerie moedig Namibiërs aan om aan te hou om bome te plant, reg deur die jaar.