Eskom, NamPower (Kudu Gas) moet nouer saamwerk

Die adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah, vra vir nouer samewerking tussen NamPower en Eskom om energievoorsiening te verbeter. Sy sê bestaande samewerking oor kragvoorsiening, interkonnektiwiteit en beskikbare geleenthede moet versterk word. In haar mening is daar onder meer ruimte vir verdere gesprekke oor die Kudu Gas-projek en dat NamPower en Eskom dieper verbintenisse in die verband moet hê. BW Kudu Gas het onlangs sy eerste uitnodiging aan ingenieurs en konsultante gerig om die eerste sogenaamde ‘Front End Engineering-ontwikkelingsplan’ teen môre in te dien. Bedrywighede moet teen 2026 begin. Die voormalige hoof van NamPower en plaaslike sakeman, dr. Leake Hangala het ook onlangs ‘n beroep gedoen dat die gasveld, wat reeds in 1974 ontdek is, ontgin word, veral met Suid-Afrika se reuse-kraguitdagings. Namibië is ‘n netto kraginvoerder.