Derduisende Palestyne gee gehoor aan Israel se ontruimingsbevel
Derduisende Palestyne het vandag uit die noorde van die Gaza-strook gevlug met ‘n verwagte Israeliese grondaanval. Israel het die gebied met nog lugaanvalle bestook en het oornag aangekondig dat dit die veiligheid van Palestyne wat op twee hoofpaaie uit die gebied vlug sal waarborg tot vyf-uur vanmiddag, Namibiese tyd. Om die Gaza-strook maak Israeliese reserwe-soldate in formasie gereed vir die volgende fase van operasie. Die grondoffensief word volgens berigte enigetyd verwag maar kenners meen Hamas het die voordeel omdat hy die gebied ken.