Wes-Kaapse vroue gaan gebuk onder geweld

Die GOOD Party in die Wes-Kaap sê vroue en kinders in die Weskus-distrik wat voortdurend geteiken word, sinneloos vermoor en mishandel word, skets ‘n prentjie van ‘n land en staat wat blote lippediens lewer om die plaag van geweld en vrouemoord te beëindig. Thyrone Williams van die party sê onlangs is Carmen Gouws op haar 21ste verjaardag vermoor, na bewering deur ‘n eks-kêrel, en ‘n ander jong vrou is in die hospitaal opgeneem nadat sy deur haar kêrel aangeval is.