Telecom-hoof gesels oor komende torings

Telecom Namibia beplan om 500 nuwe selfoontorings in die volgende vyf jaar te bou as deel van sy plan om infrastruktuur te verbeter, selfoondekking in die land te verhoog en vesel-verbindings ter waarde van 300 miljoen Namibiese dollar uit te rol. Kosmos 94.1 Nuus het met Stanley Shanapinda, uitvoerende hoof van Telecom Namibia, gepraat wat sê daar is altyd leemtes in landelike gebiede, veral oor hoe die ontplooiings gefinansier gaan word en dit is hoekom die regering ook as ‘n belegger betrokke moet raak.