Sirkus in Amerikaanse politiek duur voort met Trump & DeSantis wat oor Israel stry

Die sirkus in die wedloop vir die Amerikaanse Republikeinse presidensiële kandidaat duur voort in die VSA. Oudergewoonte het Donald Trump, toe hy in Florida gepraat het, wyd reaksie uitgelok in verband met sy kommentaar oor die konflik in die Midde-Ooste. Hy het gesê Israel se premier Benjamin Netanyahu het hom in die steek gelaat met die sluipmoord op die Iranse generaal Qasem Soleimani drie jaar gelede. Hy het ook volgens Amerikaanse media Hezbollah geloof.

En ook oudergewoonte, moes Florida-goewerneur en Trump-teenstander Ron DeSantis ook weer daarop reageer.